Sarie Marais.Com Tuisblad

Radio Sarie Marais Ons Gesels Forum Kontak Ons
Tuis
Soogdiere
Bokke
Kat Familie
Perde en Donkies
Beeste
Skape
Varke
Voëls
Visse
Slange
Spinnekoppe
Honde
Ander

 

 

Diere, Voëls enVisse Van Suid Afrika

 

Honde Tuisblad

Honde is vierbenige soogdiere, naverwant aan wolwe. Verskeie rasse is geteel vir 'n verskeidenheid eienskappe; aanvanklik veral vir jagdoeleindes. Honde word deesdae vir troeteldiere asook vir 'n verskeidenheid werke gebruik.

Foksterriër


Die naam Foksterriër verwys na 'n honderas wat oorspronklik in Engeland in die middel-19de eeu geteel is. Daar is hoofsaaklik twee soorte: steekhaar en gladdehaar, maar ander soorte soos Jack Russell-terriërs word ook erken.

Oorsprong

Hierdie honderas is geteel om van hulp te wees met die Engelse tradisie van vosjagtery. Voordat hierdie hond geteel is, was alles gedaan teen die tyd wat die vos sy gat bereik het. Dit het die eienskappe van die hondsoort gedefinieer: die hond moes die stamina gehad het om saam met die jagtende hondesoorte te kon hardloop, moes klein genoeg wees om die vos in sy gat in te volg, en moes taai genoeg wees om die vos se desperate verdedigingsaanval teen te staan. Die eerste geregistreerde foksterriër, 'n hond genaamd Foiler, is ongeveer 1875-6 geregistreer.

Kleur

Geneties is die agtergrondkleur van die pels van die foksterriër ligbruin, of swart en bruin. Die wit kleur van die pels kom van ‘n kol-geen, wat die agtergrondskleurformasie teëstaan. Die twee allele ter sprake is sp vir lukrake kolle, maar met die kop meestal 'n soliede kleur, teenoor die sw wat die hele hond wit maak, behalwe miskien vir die ore en stukkies kleur rondom die oë. Die pigment van die neus, lippe, en pootkussings bly altyd swart.

Labrador Retriever

Die Labrador retriever of kortweg labrador is 'n hondenras wat afkomstig is uit Newfoundland en Labrador, en afstam van die St. Johns-hond. Hierdie ras is vanaf die middel van die 19de eeu in Engeland met 'n aantal ander rasse, soos die Gordon setter, die spaniël, die Flatcoated retriever en die Chesapeake Bayretriever gekruis.

Die St. Johns-hond word deur die eskimos gebruik om vis te vang, terwyl die labrador geteel word vir eendejag en vir jag in moerasagtige gebiede. Die retriever het eenvoudige swemvliese tussen hul tone.

Uiterlike voorkoms

Die labrador het 'n dik pels met 'n waterafwerende onderpels. Die pels het weinig versorging nodig en eenmaal per week se borsel is genoeg.

Die labrador reune word 55 tot 57 sentimeter hoog terwyl die tewe 54 tot 56 sentimeter hoog word. 'n Labrador weeg omtrent 35 kilogram.

Opvoeding

As gevolg van die labrador retriever se intelligensie en leergierigheid is dit nie moeilik om hom op te voed en te leer nie.

Gebruik

Die laatste jare word labrador retrievers dikwels as begeleidingshonde vir blinde persone ingespan.


 

Bronne: http://af.wikipedia.org/wiki/Foksterri%C3%ABr

  Kontak Ons  

Ek gee waar moontlik erkenning waar moontlik, indien ek dalk van u materiaal sonder toestemming gebruik kontak my asb sodat ek dit kan regstel

Baie van die inligting op hierdie webblad is aan my gestuur deur vriende en forum lede daarom is en nie altyd seker van moontlikke kopie reg nie.